top of page

Lang wagtye vir lykskouings in Bloemfontein is iets van die verlede

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 23, 2025
  • 1 min read

Lang wagtye vir lykskouings by die staatslykshuis in Bloemfontein is iets van die verlede. So sê die Vrystaatse LUR vir Gesondheid, Monyatso Mahlatsi. Parys Gazette berig volgens die departement se woordvoerder, Mondli Mvambi, is daar vinnig op die kwessies gereageer wat gelei het tot die vroeëre uitreiking van ’n verbodskennisgewing. Die situasie word nou proaktief bestuur, en voldoen aan Arbeidsgesondheids- en Veiligheidsstandaarde, asook is verhitting-, ventilasie- en lugversorgingstelsels (HVAC) verkry en geinstalleer. Lykskouings vir die meerderheid opnames uit onderandere Mangaung en Xhariep word nou binne sewe werksdae na opname by ’n forensiese fasiliteit voltooi. Tien lykskouings per dag word tans op weeksdae by die staatslykshuis gedoen, met bykomende lykskouings wat op Saterdae gedoen word om aan die diensleweringsvereistes te voldoen.

 
 
 

Comments


bottom of page