Langenhovenpark kry dalk nog ‘n uitbreiding
- Nadia Pieters

- Oct 27
- 1 min read
Met infrastruktuur wat reeds swaar strek, is inwoners van Langenhovenpark, Bloemfontein, bekommerd dat nog ‘n uitbreiding dalk in die woonbuurt gebou gaan word.
Netwerk24 berig die uitbreiding, genaamd Ceciliapark, sal glo op ‘n oop stuk grond agter die vierwielmotorfietsbaan en -klub, Stuck in the Mud, gebou word.
Die stuk grond is egter nog altyd geoormerk vir ontwikkeling maar daar is nog geen aanduiding van wanneer dit gaan plaasvind nie.
Volgens die DA se Jan-Hendrik Cronje, is die projek nog in sy beginfase en het die publiek nog tot 28 Oktober tyd om insette en kommentaar in te dien.
Hy voeg by dit blyk of dit lae-middelklas-behuising sal wees wat opgerig gaan word.






Comments