Laurika Rauch neem afskeid van die verhoog
- Armando Pieters

- Sep 22
- 1 min read
Die bekende Afrikaanse sangeres Laurika Rauch het die naweek een van haar laaste verskynings op die verhoog gemaak.
Die Afrikaans is 100 Jaar Groot- konsert het hulde gebring aan dié legende van die Afrikaanse musiekbedryf, en selfs die Kaapstadse burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het haar bedank.
Getrou aan die Afrikaans is Groot-styl was daar verskeie van die grootste Afrikaanse kunstenaars wat die gehoor vir die aand vermaak het met al daardie treffers wat ’n mens al vir jare oor die radio hoor en maklik mee saamsing.
Netwerk24 berig Rauch is ook deur ’n koor, al die kunstenaars wat die aand daar was, en die gehoor, begelei vir ’n swanesang van “Kinders van die wind”.





Comments