top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Lede van die DA braak gal oor Zille se ‘meevaller’

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 29
  • 1 min read

Senior DA-lede wil die praktyk van ekstra salarisse vir burgemeesters en ’n R1,4 miljoen pensioenmeevaller vir Helen Zille laat hersien.


Die betalings het aan die lig gekom in ’n uitgelekte verslag van die voormalige finansiële voorsitter van die DA, Dion George. Daaruit blyk dit verskeie DA-lede kry ekstra salarisse by die party bo en behalwe dit wat hulle uit hul openbare ampte verdien.


Rapport berig volgens George se uitgelekte verslag is die geld aan Zille “terugbetaal” as ’n bydrae tot haar pensioenfonds wat onderbreek sou word toe sy op versoek van die party in 2006 as parlementslid bedank het om die Kaapse burgemeester te word. Die ontevrede DA-lede beweer daar is groot ontevredenheid oor dié ekstra vergoeding omdat ander burgemeesters wat soortgelyke skuiwe gemaak het nie sulke voordele ontvang nie.


Zille het by navraag oor haar pensioenfonds-terugbetaling gesê sy kan nie aan een ander voormalige burgemeester dink wat hul wetgewerposte gelos het om ’n onstabiele koalisie te gaan lei soos wat sy in 2006 in Kaapstad gedoen het nie. Zille het destyds ’n koalisie van sewe partye gelei.


Sy sê sy was bereid om ’n laer salaris te aanvaar, en die party het ingestem om die bedrag wat sy deur die pensioen-onderbreking sou verbeur aan te vul.


Helen Zille. FOTO: Daily Maverick
Helen Zille. FOTO: Daily Maverick

 
 
 

Comments


bottom of page