Lede van 'n speureenheid is vas vir beweerde skaapdiefstal
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 3, 2025
- 1 min read
Drie lede van die Vryburg-polisie in Noordwes se speureenheid is op borgtog van R1 000 elk vrygelaat nadat hulle glo skape gesteel het.
Maroela Media berig ʼn boer het besef vier van sy skape is vermis toe hy hulle getel het. Hy het op sy plaas rondgestap en spore van ʼn onbekende voertuig opgemerk. Hy het daarna op sy kringtelevisie-beeldmateriaal ʼn bakkie op die plaas sien rondry.
Voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring die voertuig behoort aan die Vryburg-speurafdeling.
Polisiewoordvoerder, Lt.kol. Sam Tselanyane, sê die polisielede is Dinsdagaand in hegtenis geneem en sal na verwagting op Dinsdag 11 November terug wees in die hof.







Comments