top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Leefstyloudits is belangrik maar duur

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 4 days ago
  • 1 min read

Leefstyloudits van staatsamptenare bly ’n belangrike hulpmiddel om korrupsie op te spoor, maar dit kom teen ’n hoë koste en bring administratiewe uitdagings mee.


Die parlement se portefeuljekomitee oor Staatsdiens en Administrasie waarsku dat daar tans nie ’n eenvormige benadering tussen provinsies is nie, wat die proses verder bemoeilik.


Die komitee meen onafhanklike liggame, soos die Spesiale Ondersoekeenheid, moontlik beter geplaas is om dié oudits te hanteer.


Dit volg nadat meer as 100 staatsamptenare vroeër vir moontlike finansiële onreëlmatighede uitgewys is ná leefstyloudits.


Rosestad-nuus het vroeër berig die Departement van Staatsdiens en Administrasie het bevestig dat 117 amptenare geïdentifiseer is, hoewel die meeste gevalle net tot waarskuwings gelei het.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page