top of page

Leerders met gedragsprobleme besoek ‘n korrektiewe sentrum

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 12, 2025
  • 1 min read

‘n Jeugintervensieprogram wat daarop gemik is om gedragsuitdagings aan te spreek en toekomstige kriminele aktiwiteite onder laerskoolleerders te voorkom, is die week deur die Vrystaatse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling voortgesit. Die departement sê op sosiale media as deel van die intervensie het geïdentifiseerde leerders met gedragsprobleme van die Tsholohelo Laerskool in Bloemfontein die Bizza Makgate Korrektiewe Sentrum in Kroonstad besoek. Die intervensie is ontwerp om leerders bloot te stel aan die realiteite van opsluiting en om die gevolge van swak besluite te beklemtoon. Hierdie program vorm deel van die departement se breër strategie om veiliger gemeenskappe te bou deur vroeë intervensie, opvoeding en gedragsondersteuning.

 
 
 

Comments


bottom of page