Leerders se matriekuitslae word teruggehou
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 16 hours ago
- 1 min read
Uitslae van die leerders wat by die beweerde onreëlmatighede in die 2025-matriekeksamens betrokke is, sal teruggehou word.
Dit volgens die Raad vir Gehalteversekering in Algemene en Verdere Onderwys en Opleiding, Umalusi.
Die raad se voorsitter, professor Yunus Ballim, sê die uitvoerende komitee het die besluit om die betrokke uitslae terug te te hou onderskryf na ‘n ondersoek na die uitlek van drie eksamenvraestelle.
Die aanvanklike aantal leerders wat bevind is dat hulle die eksamen oortree het, het van 26 tot 40 gestyg.
Ballim sê hulle keur die vrystelling van die uitslae goed, maar die 40 leerders se uitslae sal terugehou word.







Comments