Leeubeendere mag nie uitgevoer word nie
- Nadia Pieters

- Oct 10
- 1 min read
Die dierewelsynsorganisasie Four Paws verwelkom die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing se besluit om die uitvoer van leeubeendere te verbied.
Die departement het ‘n nul-uitvoerkwota vir leeubeendere wat van teelbedrywighede in aanhouding verkry word, vir hierdie jaar vasgestel het.
Volgens Four Paws sal hierdie besluit die land se groot katte beskerm en verhoed dat leeus wat in aanhouding geteel word, onwettige voorsieningskettings binnedring.
Die organisasie se Deidre Daniels sê hoewel dit ‘n betekenisvolle stap is, moet meer gedoen word.
Sy sê hulle wil hê die departement moet die nul-kwota permanent in plek stel en ‘n nasionale uitfaseringsplan vir alle fasiliteite vir leeus in aanhouding implementeer.






Comments