top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Leeubeendere mag nie uitgevoer word nie

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 10, 2025
1 min read

Die dierewelsynsorganisasie Four Paws verwelkom die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing se besluit om die uitvoer van leeubeendere te verbied.


Die departement het  ‘n nul-uitvoerkwota vir leeubeendere wat van teelbedrywighede in aanhouding verkry word, vir hierdie jaar vasgestel het.


Volgens Four Paws sal hierdie besluit die land se groot katte beskerm en verhoed dat leeus wat in aanhouding geteel word, onwettige voorsieningskettings binnedring.


Die organisasie se Deidre Daniels sê hoewel dit ‘n betekenisvolle stap is, moet meer gedoen word.


Sy sê hulle wil hê die departement moet die nul-kwota permanent in plek stel en ‘n nasionale uitfaseringsplan vir alle fasiliteite vir leeus in aanhouding implementeer.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix


 
 
 

Comments


bottom of page