Lego-blokkies kan nou saam met jou speel
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 8
- 1 min read
Lego het sy nuwe Smart Bricks-reeks by die Consumer Electronics Show in Las Vegas onthul, wat boublokke bekendstel wat reageer met klank, lig en beweging.
Die BBC berig die Deense speelgoedvervaardiger sê die tegnologie, wat in Maart met ‘n Star Wars-stel bekendgestel sal word, is sy grootste innovasie in byna 50 jaar.
Die hoofbemarkingsbeampte by Lego, Julia Goldin, sê die Smart Bricks kan beweging, posisie en afstand waarneem, wat die modelle toelaat om op verskeie maniere tydens spel te reageer.
LUISTER:
Julia Goldin
Die kinderwelstandsgroep Fairplay glo egter Smart Bricks kan juis ondermyn wat Lego so goed maak – die krag van kinders se verbeelding terwyl hulle speel.







Comments