top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Lekota word met ‘n kategorie 2-begrafnis vereer

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 6 days ago
  • 1 min read

Die voormalige leier van COPE, Mosioua Lekota, sal met ’n Spesiale Amptelike Begrafnis, kategorie 2, vereer word.


Volgens SABC News het President Cyril Ramaphosa ook gelas dat vlae by alle vlagstasies vanaf Saterdag tot op die dag van Lekota begrafnis halfmas gehys word.


Lekota is vroeër die week ná ’n lang siekte oorlede.


Hy was ’n veteraan van die bevrydingstryd en het onder meer gedien as die eerste voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, premier van die Vrystaat en minister van verdediging tussen 1997 en 2007.


Lekota sal volgende Saterdag in Bloemfontein begrawe word.


Mosioua Lekota. FOTO: SABC News
Mosioua Lekota. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page