top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Leo XIV word eerste Amerikaanse pous

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 9, 2025
1 min read

Die Vatikaan het die verkiesing van Pous Leo XIV aangekondig – die eerste Amerikaner wat ooit tot pous verkies is. CBS News berig Kardinaal Robert Francis Prevost was op Donderdag 8 Mei deur 133 kardinale verkies en sal as Pous Leo XIV bekend staan. Hy het op die balkon van die Sint-Pietersbasiliek verskyn met die tradisionele rooi pousmantel. Prevost is op 14 September 1955 in Chicago gebore en het jare lank in Peru gewoon. Hy volg Pous Franciskus op, wat op 21 April in 88-jarige ouderdom oorlede is. Prevost was die hoof van die kantoor wat wêreldwyd biskoppe benoem, en was reeds ’n invloedryke figuur in die Vatikaan.

 
 
 

Comments


bottom of page