top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Leon Schuster staan weer op uit die dood

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 18, 2024
1 min read

Terwyl die befaamde Suid-Afrikaanse grapkas en filmvervaardiger menigte kere op sosiale media in fopnuusberigte "sy laaste asem uitgeblaas het," het Leon Schuster dit baie duidelik gemaak, met sy tipiese stoutgesig, dat hy perdfris is. Die Nuutste fopberig: "NIE WAAR NIE"Nuusflits berig dat Schuster meen dit is "sotte" wat sulke gerugte versprei. Hy was ook verbaas toe hy self die vals berigte lees. Schuster ervaar wel pyn ná sy vierde rugoperasie vroeër vanjaar, nadat die eerste drie pogings misluk het. Vorige fopberig: "NIE WAAR NIE" Alhoewel hy minder aktief is as voorheen, is hy steeds springlewendig.

 
 
 

Comments


bottom of page