top of page

Lesotho pak Bafana Bafana in Bloemfontein

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 21
  • 1 min read

SOKKER: Die Lesotho Sokkervereniging het bevestig dat hul komende 2026 FIFA Wêreldbeker-kwalifiseerder teen Bafana Bafana, hierdie September by die Toyota-stadion in Bloemfontein sal plaasvind. FS Online berig hierdie hoogs verwagte botsing is die terugwedstryd na hul eerste ontmoeting in Maart by die nuwe Peter Mokaba-stadion in Polokwane, waar Suid-Afrika ‘n 2-0 oorwinning oor Likuena gehad het. Wedstrydbesonderhede, insluitend kaartjiepryse, verkooppunte, die presiese datum en afskoptyd, sal na verwagting binnekort aangekondig word.

 
 
 

Comments


bottom of page