Lesotho verklaar ramptoestand weens werkloosheid
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 9, 2025
- 1 min read
Lesotho het ’n ramptoestand verklaar weens sy toenemende werkloosheidskrisis.
Die bergkoninkryk het aansienlike werkverliese ervaar nadat Amerika vanjaar invoertariewe teen hom en ander nasies ingestel het.
Lesotho het reeds ’n baie hoë werkloosheidsyfer onder sy jongmense gehad voor die tariewe.
Die ramptoestand sal vir twee jaar voortduur. Regeringsministeries is beveel om 2% van hul begrotings aan werkskeppingsinisiatiewe toe te ken.






Comments