top of page

Letsoha-Mathae is tevrede met die provinsie se ouditverslae

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Oct 21
  • 1 min read

Die premier van die Vrystaat, Maqueen Letsoha-Mathae verwelkom die oudit-uitkomste van die 2024-'25 finansiële jaar. Dit is deur die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke in Bloemfontein voorgelê.


Nova News berig Letsoha-Mathae is tevrede met die algemene verbetering in oudit-uitkomste regoor die provinsie, wat sy sê toon verbeterde finansiële bestuurspraktyke en sterker kultuur van verantwoordbaarheid binne departemente.


'n Kritieke area vir verbetering is egter die behoefte om die Vrystaatse provinsiale regering se projekbestuurkapasiteit te verbeter, vernaam die oorsig van infrastruktuur, spandering, en prestasie-inligting.


Die provinsie-wye fenomeen van kontrakteurs wat betaalde infrastruktuurprojekte verlaat, moet ook aangespreek word.


Tsakani Maluleke. FOTO: Nova News
Tsakani Maluleke. FOTO: Nova News

 
 
 

Comments


bottom of page