top of page

Letsoha-Mathae is woedend oor kindermishandeling in die Vrystaat

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 22
  • 1 min read

Die premier van die Vrystaat, MaQueen Letsoha-Mathae, is woedend oor die kindermishandeling in die provinsie.

In twee aparte voorvalle het Vrystaatse polisie kinders gered nadat hul ma's hulle alleen gelaat het en vir 'n paar dae verdwyn het.

In die een geval was kinders van 3, 4, 12, en 15 alleen, honger en verwaarloos by hul huis gevind, met geen idee waar hul ma is nie. In die ander geval het die oudste kind se onderwyser het agter gekom iets is fout, toe vind hulle uit die ander twee kinders – waarvan die jongste net 2 jaar oud is – is alleen by die huis.

Beide die ma's is in hegtenis geneem, en in die Bloemfonteinse landdroshof tot vyf jaar tronkstraf elk gevonnis, beide vir drie jaar opgeskort.

Nova News berig Letsoha-Mathae vra dat howe strenger vonnisse oplê om ander te verhoed om dieselfde te doen.

 
 
 

Comments


bottom of page