top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Letsoha-Mathae vra Vrystaters om nie vir politieke kansvatters te val nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Aug 5
  • 1 min read

Die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, doen 'n beroep op inwoners van Makeleketla om nie deur politieke kansvatters mislei te word nie.


Volgens 'n mediaverklaring sê sy 'n klein groepie oproeriges het 'n gemeenskapsvergadering oor watertekorte ontwrig en polisielede aangeval wat orde probeer handhaaf het.


Die premier meen dié optrede het inwoners verhinder om antwoorde oor die gebied se wateruitdagings te ontvang.


Sy sê die regering werk steeds aan langtermynoplossings en ondersoek intussen maatreëls soos watertenkwaens om die gemeenskap te ondersteun.


Rosestad-nuus het Dinsdag berig dat die onrus ook verkeersontwrigting op die N1 by Winburg veroorsaak het, waar motoriste aangeraai is om die gebied te vermy.


MaQueen Letsoha-Mathae. FOTO: Facebook
MaQueen Letsoha-Mathae. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page