Lewensveranderende pediatriese operasies word by ‘n Bloem-hospitaal uitgevoer
- Nadia Pieters

- Oct 1
- 1 min read
Smile Week het by die Universitas Akademiese Hospitaal, in Bloemfontein afgeskop.
Volgens ‘n plasing op die Vrystaatse Departement van Gesondheid se sosiale media-blad sal verskeie lewensveranderende pediatriese operasies in samewerking met die Smile-stigting uitevoer word.
Dit sluit onderander herstelwerk aan 14 gesplete verhemeltes, twee gesplete lip operasies, en ‘n kontraktuur vrystelling in.
Die eenjarige Vuyo Kwabani het reeds, na sy hartoperasie verlede jaar, ‘n suksesvolle operasie aan sy gesplete lip en verhemelte ondergaan.






Comments