top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Lewensveranderende pediatriese operasies word by ‘n Bloem-hospitaal uitgevoer

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 1, 2025
  • 1 min read

Smile Week het by die Universitas Akademiese Hospitaal, in Bloemfontein afgeskop.


Volgens ‘n plasing op die Vrystaatse Departement van Gesondheid se sosiale media-blad sal verskeie lewensveranderende pediatriese operasies in samewerking met die Smile-stigting uitevoer word.


Dit sluit onderander herstelwerk aan 14 gesplete verhemeltes, twee gesplete lip operasies, en ‘n kontraktuur vrystelling in.


Die eenjarige Vuyo Kwabani het reeds, na sy hartoperasie verlede jaar, ‘n suksesvolle operasie aan sy gesplete lip en verhemelte ondergaan.


Vuyo Kwabani. FOTO: Facebook
Vuyo Kwabani. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page