top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Liam Jacobs is terug by die DA

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 2
  • 1 min read

Die Noord-Kaapse politikus Liam Jacobs het na die DA teruggekeer, minder as 'n jaar nadat hy die party verlaat en by die PA aangesluit het.


Maroela Media berig Jacobs het verlede jaar gesê hy het ná 'n tyd van besinning besluit om by die PA aan te sluit.


Die DA se federale leier, Geordin Hill-Lewis, sê Jacobs het intussen eerstehands ervaar dat die PA nie sy beloftes nakom nie.


Hill-Lewis sê Jacobs se terugkeer weerspieël die DA se strewe om 'n politieke tuiste te wees vir Suid-Afrikaners wat 'n beter toekoms vir die land wil help bou.


Die 25-jarige Jacobs word deur sommige as een van die opkomende jong stemme in Suid-Afrikaanse politiek beskou.


FOTO: Maroela Media
FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page