top of page

Liebenberg-egpaar sien mekaar weer in die hof

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 8
  • 1 min read

Die vermeende diamantbedrieër, Louis Liebenberg, en sy vrou, Dezzi, sal na verwagting weer saam in die landdroshof in Bronkhorstspruit in Gauteng verskyn.

Hulle verskyn Dinsdag saam met hul sewe medebeskuldigdes.

Dit sal die eerste keer in maande wees wat hulle mekaar weer sien.

Liebenberg het aan die hoof gestaan van ʼn skema, Forever Diamonds and Gold, wat na bewering bykans R4 miljard van meer as 44 000 beleggers ingevorder het.

Al nege staan tereg op aanklagte van bedrog, diefstal, geldwassery en rampokkery.

Die egpaar word ook op ʼn bykomende klag van korrupsie aangekla.

Rosestad-nuus het vroeër berig Dezzi sal haar nou tot die appèlhof in Bloemfontein moet wend as sy verder teen die weiering van haar borgtog wil appelleer.

 
 
 

Comments


bottom of page