top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Liebenberg en Dezzi word geskei na hofuitspraak

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 25, 2024
1 min read

Die berugte diamanthandelaar, Louis Liebenberg, is na die selle in die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria oorgeplaas. Volgens Netwerk24 is hy, Hannes Badenhorst en Dewald Strydom ure ná hul verskyning in die hof vanaf die Bronkhorstspruit-polisiekantoor oorgeplaas. Hulle mag gewone klere dra terwyl hulle saam met verhoorafwagtende gevangenes aangehou word. Liebenberg en sy vrou, Dezzi, moes saam met sewe ander beskuldigdes getuig oor 42 aanklagte wat verband hou met sy Forever Diamonds and Gold-skema. Liebenberg en Dezzi het glo nie enige sigbare tekens van liefde aan mekaar gewys nie, maar wel woorde van ondersteuning gefluister, aangesien hulle tot op daardie stadium mekaar nog net in die gange van die poliesieselle kon sien.

 
 
 

Comments


bottom of page