top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Liebenberg: Nog geen plek in Weskoppies nie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 22
  • 1 min read

Die vermeende Ponzi-diamantbedrieër, Louis Liebenberg, wag steeds op 'n bed in die Weskoppies- psigiatriese hospitaal.


Netwerk24 berig Liebenberg het Vrydag alleen in die landdroshof in Bronkhorstspruit verskyn. Vroeër was Liebenberg se naam 24ste op die waglys vir ’n bed. Volgens berigte kon die hospitaal nie sê wanneer ’n bed beskikbaar sou wees nie.


Die saak is tot 4 Junie uitgestel, en Liebenberg bly in aanhouding.


Liebenberg, sy vrou Dezzi, en sewe ander word daarvan beskuldig dat hulle ʼn bedrieglike diamantpakkieskema bedryf het. Hulle sal weer op 19 Julie saam in die hof verskyn, wanneer die beskuldigdes sal aandui of hulle gereed en voorbereid is om op 5 Oktober in die hooggeregshof in Pretoria met die verhoor te begin.


Louis Liebenberg. FOTO: Maroela Media
Louis Liebenberg. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page