Liebenberg swaai glo appels na Viljoen in die tronk

Die vermeende diamantbedrieër Louis Liebenberg het glo die voormalige prokureur Peet Viljoen Maandag in die tronk met die vuis geslaan.
Netwerk24 berig dit het glo gevolg op ’n woordewisseling tussen Liebenberg en Viljoen, wat in dieselfde gang in die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria aangehou word.
Viljoen se regsverteenwoordiger sê hy is nie bewus van die voorval nie. Liebenberg se regspan sal hul kommentaar voorbehou in terme van hul beperkings wat konsultasie betref. Geen terugvoer is van die departement korrektiewe dienste ontvang nie.
Liebenberg was Dinsdag voor die hof in verband met ’n beweerde diamantpakkie-Ponzi-skema. Viljoen is weer Vrydag voor vir aanklagte van onder meer diefstal, bedrog, korrupsie, vervalsing en uitgifte.









Comments