Liebenberg sê daar is geen Bybels in die tronk nie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 26
- 1 min read
Die vermeende diamantbedrieër Louis Liebenberg het weer sy mond uitgespoel – dié keer oor daar geen Bybels in die tronk is nie. In dieselfde relaas het hy ook sy toegewydheid aan sy vrou, Dezzi, oudpres. Jacob Zuma en sy woede teen die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, uitgespreek.
Netwerk24 berig die Liebenenbergs en ses van hul sewe medebeskuldigdes het Dinsdag vlugtig in die landdroshof in Bronkhorstspruit verskyn in verband met die beweerde diamantpakkie-bedrogskema waarin meer as 40 000 mense gesamentlik miljarde rande belê het.
Liebenberg is in Augustus na die Weskoppies Psigiatriese Hospitaal vir waarneming verwys nadat hy, in wat sy borgtog-aansoek moes gewees het, teenoor die landdros uitgevaar het. Hy is nou eers 53ste op die waglys.
Die egpaar gebruik nou dieselfde regspan. Hul verhoor sal na verwagting in Oktober 2026 begin.



Comments