top of page

Liebenberg sê die landdros klink soos sy ma

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 6
  • 1 min read

Die vermeende diamantbedrieër Louis Liebenberg se borgtogaansoek het in die landdroshof in Bronkhorstspruit, Gauteng, begin.

Hy verdedig homself nadat sy vorige regspan hulle aan die saak onttrek het.

Volgens regstreekse dekking deur Netwerk24 het Liebenberg tydens hofprosedures die landdros in die rede geval, waarna sy hom gevra het om die hof te respekteer. Hierop antwoord hy dat die landdros soos sy ma klink, en dat hy in die hof, nes in die gevangenis, geboelie word.

Liebenberg beweer hy wou op ‘n eetstaking gaan omdat hy glo nie ‘n spesiale dieet in die gevangenis toegelaat is nie, waarna hy glo met stokke geslaan is. Hy beweer hy kry akute aanvalle van jig.

Hierop het die landdros die ondersoekbeampte gevra om hom na ‘n distriksgeneesheer te neem vir ‘n ondersoek.

Die hof het toe vir eers verdaag, en die ondersoekbeampte is ook gevra om die borgtogproses aan Liebenberg te verduidelik.

 
 
 

Comments


bottom of page