top of page

Liebenberg wag nog vir ‘n bed

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 days ago
  • 1 min read

Sedert Louis Liebenberg se laaste hofverskyning het hy net twee plekke op die waglys vir ‘n hospitaal bed in die Weskoppies-psigiatriese hosptiaal opgeskuif.


Maroela Media berig die vermeende diamandswendelaar het gister alleen in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn toe hy dié nuus meegedeel is.


Die staat het aangedui Liebenberg sal minstens tot in die nuwe jaar nog moet wag voor hy vir waarneming opgeneem kan word.


Hy en sy vrou, Dezzi, is die enigste van die nog sewe ander beskuldigdes wat in aanhouding is.


Die groep word daarvan beskuldig dat hulle ʼn bedrieglike diamantpakkieskema ter waarde van bykans R4 miljard bedryf het.

Louis Liebenberg, FOTO: Maroela Media
Louis Liebenberg, FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page