top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Liggaam in Mangaungse-rioolmangat gevind

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 27, 2024
1 min read

Lede van die Mangaung tegniese dienste het op klagtes van inwoners, in Silver City, Phahameng, oor ‘n verstopte mangat gereageer, toe hulle op ‘n groot swaar voorwerp wat in swart plastiek toegedraai was afgekom het. Na verdere ondersoek is bevind dat dit ‘n liggaam is, en die polisie is dadelik gekontak. Mangaung LUR vir Tegniese Dienste se Vusi Soqaga, het in ‘n media verklaring 'n beroep op kalmte in die plaaslike gemeenskap gedoen terwyl die polisie die saak ondersoek. Die polisie kan op hierdie stadium nie spekuleer oor die oorsaak van die dood nie en doen ‘n beroep op die publiek om met enige inligting wat die ondersoek kan help, na vore te kom.

 
 
 

Comments


bottom of page