top of page

Lionsrock groet ‘n geliefde leeu

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 6 days ago
  • 1 min read

Lionsrock Big Cat Sanctuary in Bethlehem het met swaar harte die nuus gedeel dat die geliefde 16-jarige leeu Ivan dood is.


Toe Ivan nie vir sy gewone voeding uitgekom het nie – het hulle onmiddellik opgetree.


Sy toestand het egter vinnig versleg en hy is dood voordat veeartse hom kon bereik.


‘n Nadoodse ondersoek het aan die lig gebring dat hy ‘n lewertumor gehad het.


Lionsrock sê in ‘n plasing op sosiale media hulle reis saam met Ivan het in 2012 begin toe hy saam met sy broer, Cornel, en ‘n leeuwyfie Lepa uit privaat aanhouding in Serwië gered is.


Sonder geskikte fasiliteite in Serwië het die owerhede hulle tot Four Paws gewend om te help om die veilige, lewenslange sorg te verseker wat die leeus verdien het.


Ivan. FOTO: Lionsrock Big Cat Sanctuary
Ivan. FOTO: Lionsrock Big Cat Sanctuary

Comments


bottom of page