Lize Beekman se kunswerk pronk in Londen
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 9
- 1 min read
‘n Suid-Afrikaanse sangeres is trots en opgewonde na een van haar ink pen sketse as finalis gekies is vir die Wildlife Artist of the Year 2025 kompetisie. Lize Beekman sê verder op sosiale media dit is ‘n internasionale kompetisie met meer as 1300 inskrywings van 68 verskillende lande. Haar kunswerk, getiteld I see you – ‘n tekening van ‘n maanhaarleeu in profiel, is tans in London vir die uitstalling in Mall Galaries wat Dinsdag open. Intussen berig Maroela Media die kompetisie, ook bekend as WAY, is in 2008 deur die Britse kustenaar Dawid Shepherd begin en bring kunstenaars van reg oor die wêreld wat kunswerke van die natuur en wilde diere skep, byeen. Die kompetisie, wat as een van die grootste van sy soort wêreldwyd beskou word, het sedert sy ontstaan sowat R23 miljoen vir wildbewaring ingesamel.





Comments