top of page

Lotery se dae dalk vir eers getel

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 31, 2025
  • 1 min read

Daar kan vir ‘n onbekende tydperk geen lotery in Suid-Afrika wees nie, aangesien die huidige operateur, Ithuba, se bedryflisensie vanaf 1 Junie nie meer geldig is nie. Dit kom nadat die Nasionale Loterykommissie se aansoek om vir Ithuba vir 12 maande as ‘n tydelike operateur aan te stel deur die hooggeregshof in Pretoria van die hand gewys. SABC-nuus berig die minister van Handel en Nywerheid, Parks Tau, wou aanvanklik Ithuba se lisensie met ‘n jaar verleng, maar die hof het beslis dat dié plan ongrondwetlik en onwettig is, aangesien die beperking vir ‘n tydelike bedryfslisensie vyf maande is. Aan die begin van die week het die kommissie die hof genader in ‘n poging om die tydelike bedryfslisensie tot 12 maande te verleng, aangesien Ithuba nie bereid was om sy kontrak met slegs vyf maande te verleng nie. In sy hofstukke het die kommissie aangevoer dat die oorgangstyd na ‘n nuwe operateur sowat nege maande sal duur.

 
 
 

Comments


bottom of page