Louis Liebenberg se borgtogaansoek is weereens op ys geplaas
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 8
- 1 min read
Louis Liebenberg se borgtogaansoek is weereens op ys geplaas – dié keer omdat hy moet wag vir 'n bed in die Weskoppies- psigiatriese hospitaal.
Maroela Media berig die Bronkhorstspruit-landdroshof het Donderdag besluit om die vermeende diamantswendelaar te verwys ná sy halfuurlange tirade in die hof die vorige dag.
Die ondersoekende dokter het hom bevoeg gevind, maar die landdros het besluit om hom tog te verwys. Volgens die landdros kon Liebenberg se borgtogaansoek nie vorder nie, omdat hy “gefokus was op ander opinies van sy eie”.
Sy het verder ook beveel dat ʼn prokureur van die Regshulpraad van Suid-Afrika vir hom aangestel word, waarteen hy geappelleer het. Sy saak is tot 29 Augustus uitgestel om te hoor of daar ʼn bed in Weskoppies vir hom beskikbaar is.
Liebenberg is al sedert Oktober verlede jaar agter tralies nadat hy, sy vrou, Dezzi, en sewe ander beskuldigdes daarvan beskuldig word dat hulle ʼn bedrieglike diamantpakkieskema bedryf het.





Comments