Louis Siemens se moordenaar kry lewenslange tronkstraf
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 19
- 1 min read
Die direkteur van CityMed Private Hospitaal, Louis Siemens, se moordenaar is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Stanley Bakili is Donderdag in die hooggeregshof in Bloemfontein skuldig bevind en gevonnis, wat die lang ondersoek en verhoor tot 'n einde bring.
Buiten lewenslange tronkstraf vir moord, moet Bakili ook 15 jaar tyd dien vir afpersing, 20 jaar vir geldwassery, 15 jaar vir die verbreking van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, en vyf jaar elk vir die besit van 'n onwettige vuurwapen en die besit van onwettige ammunisie. Die hof het beslis die vonnisse sal nie gelyklopend uitgedien word nie.
Siemens is in Mei 2018 in die kelderparkeerverdieping van die Preller Plein-winkelsentrum geskiet.
Volgens 'n verklaring sê die polisie se woordvoerder, luitenant Mahlomola Kareli, die polisie verwelkom die vonnis.
Die Vrystaatse polisiekommissaris, luitenant-kolonel Baile Motswenyane, prys die ondersoekers en die aanklaers vir die suksesvolle skuldigbevinding.





Comments