top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

LP’s stap uit die nasionale vergadering

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 15
  • 1 min read

Chaos het in die Nasionale Vergadering uitgebreek toe lede van die MK-party en die EFF begin sing en uit die verrigtinge gestap het. Hulle het Donderdag geëis dat mosies van wantroue teen president Cyril Ramaphosa oor die Phala Phala-skandaal geprioritiseer moet word voordat hy mondelinge vrae beantwoord.


IOL berig Ramaphosa sou LP’s toespreek te midde van toenemende druk oor die Phala Phala-aangeleentheid en breër kommer oor regeringbestuur. Verrigtinge het egter onstuimig begin toe opposisie-LP’s daarop aangedring het dat die Phala Phala-aangeleentheid eerste hanteer moet word.


LP’s het aangevoer dat dit nie “besigheid soos gewoonlik” kan wees terwyl Ramaphosa die moontlikheid van ’n afsettingsproses in die gesig staar nie.


Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder EFF-LP Nontando Nolutshungu sê daar kan nie geluister word na iemand wat nie die Grondwet respekteer nie.


LUISTER HIER:


Ilde Roos

TRANSKRIPSIE:


Sy het aan die speaker van die nasionale vergadering, Thoko Didiza, gesê dat die huis oorwegend bestaan uit swart Suid-Afrikaners wat die opofferings van die generasies van 1960 en die studente van 1976 geërf het. Sy sê die EFF het Didiza versoek om die mosies van wantroue van die MK-party en ATM aan te spreek. Didiza het egter gesê dat beide die mosie van wantroue en die afsettingsproses parlementêre prosedures moet volg. Hierna het die LP's die verrigtinge ontwrig en uit die nasionale vergadering gestap.


Die sitting het gevolg op ’n uitspraak van die konstitusionele hof wat die Parlement beveel het om ’n proses daar te stel om te bepaal of ’n vervolgingsproses vir afsetting teen die president moet voortgaan, wat die Phala Phala-plaasdiefstalskandaal stewig in fokus hou.


Nontando Nolutshungu. FOTO: Facebook
Nontando Nolutshungu. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page