top of page

Lucky Montana dreig om die inkomstediens hof toe te sleep

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • 5 days ago
  • 1 min read

Die voormalige uitvoerende hoof van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika, Lucky Montana, dreig om die Suid-Afrikaanse Inkomstediens hof toe te vat.


Die Inkomstediens het Montana se belastinginligting oor die naweek bekend gemaak nadat hy geweier het om sy beskuldiging terug te trek dat die inkomstediens en sy uitvoerende hoof, Edward Kieswetter, bedrieglik is.


Volgens Montana het die Inkomstediens ‘n hofuitspraak teen hom gefabriseer, wat tot ‘n klopjag by sy huis gelei het. Hy sê die Inkomstediens beskuldig hom nou daarvan dat hy R55 miljoen in onbetaalde belasting skuld.


Montana het die Inkomstediens in Augustus genader met ‘n kompromisaanbod van R5,4 miljoen vir sy skuld.


Hy sê die geveg begin nou eers.


LUISTER:



Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels


 
 
 

Comments


bottom of page