LUR help om Vrystaatse vroue te bemagtig

Sep 4, 2024
1 min read
‘n Netwerkgeleentheid om vroue in die handel en hernubare energiesektore te bemagtig is deur die Vrystaatse LUR vir Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ketso Makume, geloods. Die twee-dag-lange konferensie vind by die Philip Saunders-oord in Bloemfontein plaas. Makume het vroue aangemoedig om by die globale waardeketting aan te sluit aangesien dit produktiwiteit, innovasie en mededingendheid in internasionale markte ’n hupstoot sal gee.








Comments