top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

LUR Mance rol haar moue op by die Botshabelo-hospitaal

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 22, 2025
  • 1 min read

In 'n poging om 'n skoon omgewing te bevorder en die beeld van openbare fasiliteite op te gradeer, is 'n skoonmaakveldtog by die Botshabelo-hospitaal begin. Luidens ‘n plasing op sosiale media word die skoonmaakveldtog gelei deur LUR Dibolelo Mance van die Vrystaatse Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur, as deel van die verbintenis wat sy verlede jaar op Kersdag gemaak het. Onmiddellik na die ondertekening van kontrakte het 98 deelnemers van die Uitgebreide Openbare Werke-program hande gevat om die hospitaal op te ruim. Volgens Mance sal die hospitaal een van die terreine wees wat op ‘n gereelde basis skoongemaak word. Sy voeg by hul skoonmaakveldtog sal slegs openbare fasiliteite soos skole, klinieke en hospitale teiken.

 
 
 

Comments


bottom of page