top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Lykskouings gaan ondanks probleme voort

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 23
  • 1 min read

Lykskouings gaan steeds voort ondanks probleme by die staatslykshuis in Bloemfontein.


Die Vrystaatse Departement van Gesondheid sê lykskouings is sedert verlede week tydelik na die Botshabelo-lykshuis verskuif nadat die disseksie-afdeling gesluit moes word.


Twaalf nadoodse ondersoeke is intussen afgehandel om ontwrigting vir families en die regstelsel tot die minimum te beperk.


Die departement sê 'n gesteelde elektriese kabel is intussen van buite Bloemfontein aangekoop en het Woensdag opgedaag.


Werk om die laaste elektriese verbindings te voltooi word hervat.


Volgens die departement is die lughanteringstelsel reeds geïnstalleer en sal die staatslykshuis weer ten volle in werking gestel word sodra die herstelwerk veilig afgehandel is.


Ter illustrasie. FOTO: Roodt Architects
Ter illustrasie. FOTO: Roodt Architects

 
 
 

Comments


bottom of page