top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'Lykskouings sál op datum gebring word'

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 18, 2025
1 min read

Daar sal ernstig skouer aan die wiel gesit word om die lykskouing-agterstand van 42 liggame voor Donderdag in te haal. Dit volgens die Vrystaatse departement van gesondheid se Mondli Mvambi. Netwerk24 berig die agterstand kom nadat die departement van arbeid verlede jaar Oktober Bloemfontein se staatslykhuis weens onhigieniese werkstoestande gesluit het. Die departement het verskeie klagtes ontvang van families wat tot drie weke moet wag om hul geliefdes se oorskot te ontvang. Lykskouings word Intussen by Botshabelo, Welkom en die Universitas-akademiese hospitaal gedoen.

 
 
 

Comments


bottom of page