top of page

Lykskouingsverslae van Bloemfontein-grubotsing sloer steeds

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 16
  • 1 min read

Die ondersoek na die dood van twee boeties en hulle niggie wat in Januarie vanjaar in ‘n grubotsing net buite Bloemfontein oorlede is, is byne voltooi, maar vyf maande na die ongeluk wag die polisie steeds op die lykskouingsverslae. Volgens polisiewoordvoerder, kapt. Loraine Earl, wag die polisie nog net op dié verslae waarna die ondersoek voltooïd sal wees en kan hulle die saak aan die direkteur van openbare vervolgings oorhandig vir verdere besluitneming. Martin Smit, die pa van die twee boeties Ryan en Ayden Smit, sê hy is uiters gefrustreerd dat die ondersoek na die dood van sy seuns nog nie volkome voltooi is nie. Netwerk24 berig dat vrae wat hulle aan Mondli Mvambi, woordvoerder van die die departement van gesondheid, gerig het, ook ongeantwoord bly.

 
 
 

Comments


bottom of page