Lynette Brummer staan nou op aanklag van aanranding ook tereg
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 8, 2025
- 1 min read
'n Bykomende aanklag van aanranding is by die lys van ernstige aanklagte teen die 64-jarige, hoofbeskuldigde, Lynette Brummer bygevoeg. Sy staan tereg in die poging tot moord, mishandeling, aanranding, ernstige liggaamlike leed en ontvoeringsaak van 'n 81-jarige vrou by 'n versorgingsoord in Welkom tereg. VistaNews berig Brummer is vroeër onder streng voorwaardes borgtog van R5 000 toegestaan. Sy mag nie naby die Silver Village Assisted Living Facility in Welkom kom nie, sy mag nie met getuies inmeng, hulle intimideer of kontak nie verder mag sy ook nie met bewyse peuter of die slagoffer op enige manier nader nie. Die ander vyf beskuldigdes is elk borgtog van R1000 toegestaan.






Comments