Lys name wat nasionale dialoog gaan lei onder skoot

Jun 12, 2025
1 min read
President Cyril Ramaphosa se aankondiging van die nasionale dialoog - en die lys name wat die dialoog sal lei - het verder onder skoot gekom. Die uitvoerende hoof van die FW de Klerk-stigting, Christo van der Rheede, sê die aankondiging was onverwags aangesien die onderskeie stigtings in die land se reëlingskomitee nie oor die lys name ingelig is nie. Hy voeg by die FW de Klerk-stigting is gekant teen die skep van ‘n burokrasie, wat bloot geld gaan opslurp en geen noemenswaardige uitkoms lewer om die land te verbeter nie. Van die partye wat deel is van die regering van nasionale eenheid is ook ontevrede dat hulle nie geken is in die lys name wat die president afgekondig het nie.








Comments