top of page

Ma’s wat bababokse gebruik kan dalk binnekort aangekla word

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 28
  • 1 min read

’n Voorgestelde wysiging aan die Kinderwet bepaal dat moeders wat bababokse gebruik, van kinderverlating aangekla kan word.


Hierdie houers is veilige, klimaatbeheerde kompartemente wat in ’n organisasie se muur ingebou is en ouers toelaat om ’n pasgebore baba anoniem en veilig agter te laat.


Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling wil nou hê dat hierdie bokse verwyder word, omdat dit glo kinderverlating aanmoedig.


Organisasies meen egter dat die houers sedert 1999 minstens 600 babas gered het.


Die mede-stigter van Baby Savers South Africa, Whitney Rosenburg, sê hulle sal voortgaan om teen die voorgestelde wysiging te veg.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media


Comments


bottom of page