Maak seker jy kry al jou rande en sente kleingeld
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 4
- 1 min read
Suid-Afrikaners behoort hul volle kleingeld terug te kry wanneer hulle kontant betaal, selfs al gaan dit net oor tien of twintig sent.
Volgens Eyewitness News sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank winkels het 'n verpligting om die korrekte kleingeld te gee omdat Suid-Afrikaanse munte en banknote steeds wettige betaalmiddel is.
Die bank sê tien- en twintig-sentstukke word steeds vervaardig en bly geldig vir alledaagse transaksies.
Verbruikers word aangemoedig om op hul kleingeld aan te dring indien hulle nie die korrekte bedrag terug ontvang nie.
Klante wat voel hulle word benadeel kan die saak by verbruikersbeskermingskanale aanmeld.








Comments