Macpherson is gelooi oor sy stilswye in die Onteieningswet-saak
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 5
- 1 min read
Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, is gelooi omdat hy geen amptelike standpunt oor die Onteieningswet in die huidige hofsaak ingeneem het nie. Netwerk24 berig die Wes-Kaapse hooggeregshof het Dinsdag Macpherson se regsverteenwoordiger ernstig aangespreek.
Die Vaderland-stigting, die DA, AfriForum en die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) het die aansoek teen hom, die president en ander nasionale departemente ingedien. Hulle voer aan die nuwe Onteieningswet is ongrondwetlik.
Met die aanvang van die saak het Macpherson ’n verklaring ingedien wat bevestig hy sal hom by die hof se besluit berus. Een van die regters het MacPherson se regsverteenwoordiger, Anton Katz, egter gepols oor hoekom 'n lid van die uitvoerende gesag geen bydrae tot die saak gemaak het nie.
Katz het gesê MacPherson kan nie nou ’n antwoordende verklaring indien nie, want dit sal onregverdig wees teenoor al die ander partye. Katz is wel beskikbaar om antwoorde oor die regskwessies te gee. Die saak duur Woensdag voort.








Comments