top of page

Macpherson sê hy kry doodsdreigemente oor ’n tenderondersoek

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 7
  • 1 min read

Die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean Macpherson, sê hy het doodsdreigemente ontvang weens sy ondersoek na ’n korrupte R800-miljoen suurstoftender. eNCA berig die tender is blykbaar aan drie maatskappye toegeken, maar twee van die drie maatskappye het glo nie goedkeuring van die Gesondheidsprodukte-reguleerder gehad nie. Macpherson sê Sondag in Kaapstad gedurende ’n mediaverklaring dat hy sal hom nie laat intimideer deur dreigemente, politieke druk of smeerveldtogte nie. Hy beklemtoon dat sy mandaat is om die departement skoon te maak en dat hy vasbeslote is om dit uit te voer. Ondanks die gebrek aan samewerking van die betrokke instansies, sê hy dat hy is vasberade om korrupsie te beveg en vertroue in openbare strukture te herstel.

 
 
 

Comments


bottom of page