Madlanga-kommissie: Die polisie ondersoek verskeie motiewe vir die moord op Getuie D
- Saamgestel deur Jana Roos

- 2 days ago
- 1 min read
Die polisie ondersoek verskeie motiewe vir die moord op die getuie van die Madlanga-kommissie, Marius van der Merwe.
Dit is volgens die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola.
Van der Merwe het in November as Getuie D by die kommissie getuig en ‘n moordtoesmeerdery deur die Ekurhuleni Metro-polisiedepartement onthul.
Hy is Vrydag buite sy huis in Brakpan doodgeskiet.
Masemola sê hoewel die motief vir sy moord onduidelik is, kan speurders dit nie direk met die kommissie se werk verbind nie.





Comments