top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Madonna bied 'n beloning aan vir vermiste kostuums

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Die Amerikaanse sangeres Madonna het ’n beloning aangebied vir die terugbesorging van die uitrusting wat sy verlede naweek op die verhoog by Coachella gedra het, nadat verskeie van haar vintage kostuumstukke ná die fees vermis geraak het.


Die Koningin van Pop skryf op Instagram dit is nie net klere nie, maar deel van haar geskiedenis. Die BBC berig onder die items is die pers baadjie, korset en rok wat sy gedra het tydens haar verrassingsgasverskyning saam met Sabrina Carpenter by die geleentheid in Kalifornië .


Die uitrustings is besonder spesiaal vir die sangeres omdat sy dieselfde stewels, korset en baadjie tydens haar Coachella-vertoning 20 jaar gelede gedra het.


Verskeie ander items uit Madonna se persoonlike argief uit dieselfde era het glo ook verdwyn.


Sabrina Carpenter en Madonna. FOTO: BBC
Sabrina Carpenter en Madonna. FOTO: BBC

 
 
 

Comments


bottom of page