top of page

Magashule hou vol die asbeskorrupsiesaak is polities gemotiveer

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 4, 2025
  • 1 min read

Die voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, hou vol die multimiljoenrand-asbeskorrupsiesaak waarin hy geïmpliseer is, is polities gemotiveer.

Magashule het gereageer op die Vrystaatse Hooggeregshof se beslissing in die verhoor-binne-‘n-verhoor van sy destydse assistent, Moroadi Cholota.

Die hof het bevind Chalota se uitlewering uit Amerika was onwettig. Daar is bevind Cholota kan nie in die korrupsiesaak verhoor word nie.

Magashule en sy ander medebeskuldigde sal na verwagting Woensdag weer in die hof verskyn.

Hy sê die hof moet hom vryspreek, aangesien hy niks verkeerd gedoen het nie.

 
 
 

Comments


bottom of page