Magudumana se pa stry teen Regshulp se besluit
- Armando Pieters

- Jun 18
- 1 min read
Die berugte Nandipha Magudumana se pa beplan om teen Regshulp se besluit om hom nie in die Thabo Bester-ontsnappingsaak te verteenwoordig nie, te appelleer.
Regshulp het Zolile Sekeleni se aansoek om verteenwoordiging in Januarie van die hand gewys. Hy het aan die hof gesê dat hy nie regskoste kan bekostig nie.
Volgens EWN het die hof gesê die saak moet voortgaan, met of sonder regsverteenwoordiging.
Die hof het toe Magudumana se prokureur, Machini Motloung, gevra of hy bereid sal wees om haar pa ook te verteenwoordig indien sy appèl-aansoek onsuksesvol is.
LEES MEER:
Magudumana, Sekeleni, Bester en ses ander het in die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein vir ‘n voorverhoor verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie, hulp met ‘n ontsnapping, die skending van ‘n lyk en regsverydeling.





Comments